Bedrieglike Psemas-eis? Jy sal aangekla word

Die adjunk minister van finansies Maureen Hinda-Mbuende het ‘n waarskuwing aan staatsamptenare gerig in verband met die misbruik van die staats mediesefonds, Psemas. Volgens haar sal enige bedrieglike gebruik van die fonds lei tot kriminele klagte. Sy sê die ministerie is bewus dat lede familielede wat nie op die skema is nie, toelaat om voordeel daaruit te trek. Die ministerie het agtergekom dat ‘n lid wat in Windhoek woon, die fonds op dorpe so ver as Keetmanshoop en self Rundu gebruik. Hinda-Mbuende het bygevoeg dat mediese praktisyns ook betrokke is by die bedrog. Die fonds het onlangs die nuus gehaal met miljarde wat uitbetaal is. In een geval het ‘n dokter op Rundu meer medisyne vir hepatitis B voorgeskryf as wat daar gevalle op die vasteland van Afrika is. Die regering bestee ongeveer 2,6 miljard Namibiese dollar jaarliks op Psemas.