Messi verlaat Barcelona

Barcelona het bevestig dat Lionel Messi hulle gaan verlaat. Die klub sê ondanks die feit dat hulle ‘n ooreenkoms met hom aangegaan het om ‘n nuwe kontrak te onderteken, kon hulle weens finansiële en strukturele struikelblokke dit egter nie doen nie. Messi se kontrak het reeds op 1 Julie verstryk. Die 34-jarige Messi is Barcelona se rekord-doelskieter met 672 doele. Hy het ook tien La Liga-titels, vier Kampioenskapsliga-titels en sewe Copa del Reys-titels gewen. Hy het die hoogste toekenning in sokker, die Ballon d’Or, ‘n rekordgetal van ses keer ingepalm.