Jongste oor Dordabis-brand

Die brand by Dordabis duur voort en Dirkie Cloete, die brandbestryder van Rehoboth wat betrokke is by die pogings om die brand onder beheer te bring het vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste in die verband gepraat. Hy sê ‘n tekort aan brandpaaie op baie van die plase het bygedra tot die verspreiding.