Maskers sal bly tot ons voldoende spuit…

Die huidige Covid-maatreëls verval volgende week op 15 Maart en daar word binnekort ‘n aankondiging in die verband verwag. Daar is reeds lande wat verpligte gesigmaskers opgehef het en in Suid-Afrika word dit oorweeg. Namibiese Covid-gevalle is op die oomblik uiters laag maar, so ook is die inentingskoers wat op net meer as 20 persent staan. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige president van die Namibiese sakekamer Sven Thieme gepraat…