Banyana sien uit na wedstryd vanaand

Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê drie dae van oefening en klimatisering in Nederland was goed vir haar spelers. Suid-Afrika kom vanaand in ‘n internasionale vriendskaplike wedstryd te staan teen die Nederlanders, wat vyfde op die wêreldranglys is. Dit sal die derde wedstryd tussen die twee lande wees. Ellis sê die kragmeting is deel van voorbereiding vir die Vroue-Afrikabekertoernooi in Marokko in Julie: