Khomas-bevelvoerder sê oor misdaad

Misdaad is besig om in Namibië toe te neem nadat daar ‘n afname tydens die begin van die Covid-pandemie was met aandklokreëls en inperkings. Nou word daar ‘n toename in gevalle van moord, verkragting en rooftogte gesien. NamPol se bevelvoerder in die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson, sê die lang arm van die gereg sal misdadigers vastrek. Dit volg nadat die polisie op soek is na ‘n beeswagter wat glo ‘n ses-jarige meisie met stok verkrag het toe sy op pad terug van die skool geloop het. Die voorval het in die Epoli-nedersetting in die Endola-kiesafdeling plaasgevind.