BankservAfrica stel kontantvrye bankstelsel bekend

BankservAfrica in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Reserwebank het sy nuwe digitale betaalstelsel, genaamd Payshap in Suid-Afrika bekend gestel. Dit is ‘n nuwe betaalstelsel wat geen kontant verg nie. BankservAfrica se hoof van Werklike-tyd-betalings, Mpho Sadiki, sê die nuwe stelsel het ten doel om die gebruik van kontant heeltemal uit te skakel. Die stelsel laat gebruikers toe om geld te stuur met ‘n selfoonnommer en verwyder die behoefte om bankrekeningnommers te onthou. FNB, ABSA, Nedbank en Standard bank het by die vennootskap aangesluit.