Engela-staatshospitaal kry 14 dokters

Die Engela-staatshospitaal het 14 dokters gekry om die agterstand in dienslewering aan te spreek. Dié hospitaal is die grootste in die Ohangwena-streek, en bedien ‘n groot gebied van 180 000 mense. Oor die afgelope jare het die hospitaal met net vyf dokters gewerk, wat daartoe gelei het dat pasiënte baie ure in die ry deurbring of soms selfs teruggaan huis toe sonder dat daar aan hulle aandag gegee is. Onlangs is ‘n groep van 12 mediese dokters, waaronder twee spesialiste, gewerf om die tekort aan dokters aan te spreek. Die dokter-pasiënt-verhouding is nou drasties verminder van 36 000 tot 16 pasiënte. Weens sy geografiese ligging bedien die hospitaal ook Angolese burgers wat oorkant die grens woon.