Bankman-Fried vandag gevonnis

Sam Bankman-Fried, die voormalige kripto-miljardêr, sal vandag gevonnis word weens sy skuldigbevinding aan diefstal van 8 miljard Amerikaanse dollar van kliënte van sy nou bankrot FTX-kriptobeurs. Die 32-jarige Bankman-Fried kan dekades agter tralies kry na ‘n jurie hom in November skuldig bevind het op sewe aanklagte van bedrog en sameswering. Hy staar ‘n statutêre maksimum van 110 jaar in die gesig, maar sal waarskynlik minder ontvang. Aanklaers eis ‘n tronkstraf van 40 tot 50 jaar vir wat hulle sê een van die grootste finansiële bedrogspulle in die geskiedenis van die VSA is.