Lesotho-ombud vind marteling in land se tronke

In Desember is gevangenes by die Maseru Korrektiewe Sentrum met knopkieries en sambokke geslaan toe bewaarders doelbewus ‘n konfrontasie geskep het. Dit is een van die onthullings in ‘n Januarie 2024 verslag van die ombudsman in Lesotho. Die teikens was lede van die Lesotho-weermag wat in die gevangenis was. Die verslag het dit as menseregteskendings beskryf en sê marteling en oormatige geweld word gebruik. Die gevangenes is ook mediese sorg geweier.