Baltimore hawe-ongeluk beïnvloed nie Namibië

Die reuse-ongeluk by die hawe van Baltimore wat Dinsdag die week plaasgevind het, en die hawe onbeperk gesluit het, sal geen impak op Namibiese verbruikers of maatskappye hê nie. Die hawe is wel uiters belangrik vir ander markte en voer steenkool, motors en gas, in die meerderheid uit. Kosmos 94.1 Nuus het met Elias Mwenyo, die hoof van kommersiële dienste by Namport gesels en hy sê invoere word nie plaaslik vanaf Baltimore ontvang nie. Die hawe hanteer miljoene tonne vrag en het verlede jaar 800 000 vaartuie geprosseseer. Die Dali-vragskip blokkeer steeds die roete vir vaartuie en die federale regering het nou 60 miljoen Amerikaanse dollar bewillig om die puin op te ruim.