DA betreur sluiting van Educor-groep kolleges

Die DA sê die besluit om vier Educor-groep-kolleges te sluit is ‘n slag vir die privaat hoër-onderwyssektor. Educor het tot Oktober om teen die deregistrasie te appelleer en die party doen ‘n beroep op die groep om saam te werk tot voordeel van sy 13 000 studente. Die DA-lid, Chantel King, sê privaat hoëronderwysinstellings is uiters belangrik om die gaping van toegang tot hoër onderwys te vul en Educor se mislukking veroorsaak erge stres vir sy studente, terwyl dit ook sy personeel deel maak van Suid-Afrika se talle werkloses.