Balju moet N$20m se bates by gholfbaan vind

Daar word verwag dat die balju van die Swakopmund-distrik binnekort beslag sal lê op bates van Rössmund Golf Course CC, om skuld by die Ontwikkelingsbank van Namibië te delg. Dit volg na ‘n beslagleggingsbevel wat deur die hoërhof in Windhoek uitgereik is. Die bank het die hof genader vir onbetaalde skuld van amper 20 miljoen Namibiese dollar. Die maatskappy het vroeër kennis gegee van verdediging in die saak maar blyk om dit te laat vaar het omdat hy geen pleitstukke ingedien het nie. Die bank het ‘n aansoek vir ‘n verstekvonnis in Maart gebring.