Atletiekseisoen sal taai wees – Henk Botha

Henk Botha, afrigter van die twee ster-atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi, sê dié jaar se wêreldatletiekseisoen gaan moeilik wees, maar hulle is gereed. Botha en vier Namibiese naellopers in die 4×100 meter-aflosspan het pas hul voorbereiding vir die Statebondspele in die VSA voltooi en keer die week terug Namibië toe. Botha sê die Europese atletiekseisoen is op die punt om te begin en die meisies is op die oomblik 75 persent gereed. Mboma is op die oomblik beseringvry maar Masilingi het ‘n besering opgedoen wat tuis aandag sal kry.