KZN: 443 sterf, 63 steeds vermis

Reddingswerkers soek steeds talle mense wat vermis word in KwaZulu-Natal nadat swaar reën die afgelope dae vloede en modderstortings veroorsaak het. Meer as 440 mense is in die oorstromings dood. Meer as 40 000 mense is haweloos gelaat sonder krag en drinkwater, en ontwrigting by die hawe in Durban duur voort. Die skade aan infrastruktuur word op meer as 10 miljard Namibiese dollar beraam. Die provinsie se premier, Sihle Zikalala, het gesê die dodetal het tot 443 gestyg, met ‘n verdere 63 mense wat vermis word.