Baie op die spel in tweede toets tussen SA en Wallis

Rugby: Daar is baie op die spel in vanmiddag se tweede toets tussen Suid-Afrika en Wallis in Bloemfontein. ‘n Oorwinning sal ‘n reeks-oorwinning vir die Springbokke beklink, nadat hulle die eerste toets in Pretoria gewen het, terwyl die Rooi Drake die geleentheid het om die reeks gelykop te maak met ‘n heel eerste oorwinning op Suid-Afrikaanse bodem. Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, is onder druk om te bewys hy het nie ‘n fout gemaak nie met sy geloof in die diepte van sy groep, deur ‘n feitlik nuwe span te kies. Afskop is net na vyf-uur.