Fooie van oorgrens- en binnelandse padvervoer-permitte styg

Padgebruikers staar nie net hoër brandstofpryse in die gesig nie, nadat die Namibiese Paaie-owerheid aangekondig het sy fooie vir binnelandse padvervoer- en oorgrens-vervoerpermitte styg. Hierdie verhoging sal op Maandag, 18 Julie in werking tree. Volgens ‘n mediaverklaring van die Paaie-owerheid is dit die eerste keer sedert 1998 wat die fooie van oorgrens- en binnelandse padvervoer-permittte verhoog word. ‘n Nuwe oorgrensvervoer-permit sal nou 350 Namibiese dollar kos.