Bafana verloor sy voorsprong in Afcon

Die afrigter van Bafana Bafana, Hugo Broos, sê hy is teleurgesteld dat hulle die een-nul voorsprong wat hulle gehad het deur die vingers laat glip het en die uitspeelwedstryd in die Afrikabeker teen Marokko in Rabat, met twee-een verloor het. Lyle Foster het Suid-Afrika in die sewende minuut laat voorloop, maar die tuisspan het twee doele in die tweede helfte aangeteken, een deur Youssef En-Nesyri en die ander der Ayoub El Kaabi wat die wendoel in die 87ste minuut aangeteken het. Broos sê baie werk wag voor hulle in September teen Liberië speel: