Nuwe Covid-toetsronde in Sjanghai, inwoners bekommerd

Inwoners van Sjanghai staar die naweek ‘n onverwagse ronde van massa-Covid-toetse vir die meeste inwoners in die gesig, ‘n skamele tien dae nadat ‘n stadswye inperking opgehef is. Toetse sal van toepassing wees op alle inwoners van 14 van die stad se 16 streke. Daar is ook aangekondig dat inwoners van sommige distrikte nie toegelaat sal word om hul huise te verlaat nie. Die reaksies op China se Weibo-platform was ‘n mengsel van verbasing en kommer. Baie het die vrees uitgespreek dat hulle weer ingeperk sal word.