Werkers betaal vir Comair se mislukking

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê hy verkwalik die Comair-hoof, Glenn Orsmond, en sakereddingspraktisyn, Richard Ferguson, dat die lugredery tot op die rand van ineenstorting bestuur is. Comair se sakereddingspraktisyns het ‘n hofaansoek ingedien om die sakereddingsproses na ‘n likwidasieproses te verander nadat hulle nie fondse kon kry om in die lug te bly nie. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê meer as 1 200 werkers gaan die hoogste prys betaal vir Comair se mislukking: