Baba ongedeerd gevind, 41 jaar na haar ouers vermoor is

Die kind van twee ouers wat meer as 40 jaar gelede in Texas vermoor is, is ongedeerd opgespoor. “Baba Holly” Clouse, nou 42, is nie saam met haar ouers op die 1981-moordtoneel gevind nie. Die egpaar is eers in 2021 met behulp van DNS-toetse geïdentifiseer. Amptenare sê ‘n geheimsinnige godsdienskultus kan vir die sterftes verantwoordelik wees. Tina Gail Linn Clouse en Harold Dean Clouse Jr. het van Florida na Texas verhuis kort voordat hulle glo vermoor in die bos in Houston gevind is. Dit was eers verlede jaar dat hulle positief geïdentifiseer is met die hulp van Identifiers International, die Nasionale Sentrum vir Vermiste Kinders en die polisie in Texas, Florida en Arizona. Holly woon in Oklahoma, en is die ma van vyf kinders. Verdere besonderhede word nie bekend gemaak nie, om haar privaatheid te beskerm. Haar ouers se moordsaak is nog nie opgelos nie. Holly is blykbaar destyds by ‘n kerk in Arizona oorhandig deur twee kaalvoet vroue wat hulself as lede van ‘n nomadiese godsdienstige groep beskryf het.