Voertuigverkope kan dalk verbeter met piek toerisme-seisoen

Namibië se piek toerisme-seisoen bereik sy hoogtepunt in Julie en soos in Simonis Storm se vorige verslae aangedui, verwys talle ondernemings in die toerisme-sektor daarop dat besprekings van toeriste in die komende maande gaan verhoog. As deel van die voertuigverkope-statistieke, het plaaslike motorverhuringsmaatskappye ‘n vloot van ongeveer 8 500 voertuie gehad voor die Covid pandemie en het tans ongeveer 2 000. Verhuringsmaatskappye vergroot gewoonlik die grootte van hul vloot gedurende die piek toerisme-seisoen tussen Mei en Julie van elke jaar, sê ekonoom Theo Klein van Simonis Storm…