Baba-moordenaar vandag weer in Oshakati-hoërhof

Die Oshakati-hoërhof hoor vandag argumente aan ter versagting en verswaring van vonnis van die baba-moordenaar Hilda Tshekupe Iita. Regter Eduard Kesslau het Iita skuldig bevind aan die moord op haar pasgebore seun in Maart 2020. Sy het die lewe geskenk aan ‘n babaseuntjie op 12 Maart 2020. Hy is ‘n dag later dood nadat sy vir hom brandspiritus ingegee het. Sy het haar baba se liggaam in ‘n mahangu-veld verbrand.