Malema eis Ramaphosa se onmiddellike bedanking

Die leier van die EFF, Julius Malema, het ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om onmiddellik te bedank. Die party dreig om die land tot stilstand te bring en eis laer brandstofpryse, asook ‘n einde aan beurtkrag. Volgens die EFF ly Suid-Afrikaners voortdurend onder die verwoesting veroorsaak deur die misleiding van die huidige administrasie onder Ramaphosa. Malema sê sedert die President sy amp ingeneem het, het die land die een krisis na die ander beleef.