Opod sê interne oudit van SAPD is dringend nodig

Die Onafhanklike Polisie-vakbond van Suid-Afrika sê ‘n interne oudit van die polisie-departement is dringend nodig om die stand van wetstoepassing in Suid-Afrika te verbeter. Die vakbond se hoofsekretaris, Mpho Kwinika, doen ‘n beroep op die polisiekommissaris, Fannie Masemola, om in te gryp en die publiek se vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens te herstel. Kwinika sê mense met ondervinding dien in poste wat nie met hul kwalifikasies ooreenstem nie.