Australië se grense dalk in November oop…

Die Australiese eerste minister Scott Morrison het aangekondig die verbod op internasionale reise gaan volgende maand gelig word. Die land se state sal vir internasionale reisigers oopgestel word sodra die 80 persent teiken vir inentings bereik is. Morrison sê die verpligte 14-dae kwarantyn in ‘n hotel sal uitfaseer word. Hy het gesê dis tyd om aan Australiërs hul lewens terug te gee: