Afrika se onenigheid sy grootste vyand

Die omstrede Suid-Afrikaanse politikus, Julius Malema, heraal sy beroep op ‘n verenigde Afrika. Malema sê hy wil Afrika as ‘n verenigde staat lei met een wisselkoers, een ekonomie, een parlement, een president en een regsbank. Is dit realisties en moontlik? Die voormalige Namibiese eerste minister, Nahas Angula het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verdeling is Afrika se grootste vyand.