Samewerking ondersteun Kaapse aasvoëls

Die buurland se bewaringsorganisasie Cape Nature sê die samewerking tussen die Trust vir Bedreigde Natuurlewe en Eskom het gelei tot die installering van voëlafleiers op hoërisiko-gedeeltes van kraglyne naby ‘n kolonie bedreigde aasvoëls. Die omleidings maak die kraglyne meer sigbaar vir voëls sodat hulle nie daarin vasvlieg nie. Cape Nature se woordvoerder, Petro van Rhyn, sê terwyl die getal aasvoëls wêreldwyd afneem, is ‘n suksesverhaal in bewaring besig om by Potberg in die De Hoop-natuurreservaat in die Overberg af te speel: