Agt nuwelinge in uitgebreide Bok-groep

Rugby: Springbok-hoofafrigter Jacques Nienaber het agt nuwelinge ingesluit in sy uitgebreide groep van 43 spelers vir die komende internasionale seisoen. Hulle is Evan Roos, Elrigh Louw, Kurt-Lee Arendse, Ruan Nortjé, Nthuthuko Mchunu, Salmaan Moerat, Grant Williams en Deon Fourie. Daar was nie plek vir die Bok-veterane Duane Vermeulen en Frans Steyn nie, maar André Esterhuizen is beloon vir ‘n uitstekende seisoen in Europa. Die groep is aangewys vir die drie tuistoetse teen Wallis, die Rugbykampioenskap en die einde van die jaar se toer na Europa.