As sentrale banke so geld kry, hoekom is kontant in presidensiële-paleis gehou?

Internasionale nuusagentskappe berig dat die Taliban nie so vinnig sy hande op die 10 miljard Amerikaanse dollar sal lê soos hy beheer oor die land gevat het nie. Volgens berigte is daar 1,3 miljard Amerikaanse dollar se goud wat in New York geberg is en Unesco het ook die sogenaamde 20 600 Baktriese-skatte, wat uit goud gemaak is en 2 000 jaar oud is, in veilige bewaring. Buitelandse valuta was in kontant in die presidensiële-paleis geberg… Dawie Klopper verduidelik waar ‘n sentrale bank sy geld en bates vandaan kry.