SA Padongelukkefonds se likiditeitesposisie beter

Die Suid-Afrikaanse Padongelukkefonds se likiditeitsposisie het verbeter nadat meer as 400 miljoen rand se dubbele betalings verhaal is. Meer as 100 eiser-ondernemings is by die Regspraktyksraad aangemeld vir eise vir hierdie onregmatige betalings. Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het hierdie feite genoem tydens ‘n inligtingsvergadering met die staande komitee oor openbare rekeninge. Mbalula sê die fonds het ‘n skoon oudit-uitkoms van die ouditeur-generaal vir die 2019/20-boekjaar ontvang.