Arm verbruiker = arm tamatieboer

Suid-Afrikaanse tamatiekwekers is uitstekend, maar verbruikersaanvraag laat nie altyd ‘n prys toe wat die boer vir sy produk vergoed nie. Dis die mening van Botha Roodt van die bemarkingsagentskap Grow. Hy het aan Freshplaza.com gesê as verbruikers meer geld gehad het, sou tamatieboere in ‘n beter finansiële posisie gewees het. Roodt het gepraat oor tamatiepryse wat die afgelope week tot net meer as vier-rand per kilogram gedaal het.