Nuwe reismaatreëls na Skotland, Indië

Die Wêreld-Gesondheidsorganisasie hou vandag ‘n spesiale vergadering om die nuwe Covid-variant B.1.1.529, wat ongewone mutasies toon, te bespreek. Skotland sê alle aankomelinge uit Suid-Afrika, Namibië, Lesotho, Botswana, Eswatini en Zimbabwe moet van vandag in self-afsondering gaan en twee PCR-toetse ondergaan. Intussen het Indiese gesondheidsamptenare provinsiale state op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas en hulle aangesê om reisigers deeglik te toets wat van Suid-Afrika, Botswana en Hongkong kom. Die nuwe variant is in hierdie lande opgespoor.