ANC-regering moet meer doen om ontvoerings te voorkom

Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê die polisie in Gauteng en die provinsiale Departement van Onderwys doen nie genoeg om die ontvoering van leerders in die provinsie te voorkom nie. Ontvoerings het in die kollig gekom na die ontvoering van die Moti-broers verlede maand in Polokwane en die onlangse een van die 11-jarige meisie van die Laerskool EP Bauman in Mayfair, Johannesburg. Makaneta sê die beskerming van kinders is absoluut noodsaaklik: