Ardern stel ook sankies teen Rusland in

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, het nuwe sanksies teen Rusland aangekondig. Dit sluit ‘n reisverbod in op 100 Russiese oligarge terwyl super-jagte, bote en vliegtuie wat in Moskou geregistreer is, nie in die land se lugruim of gebiedswaters mag kom nie. Ardern sê die regering sal voortgaan om ‘n wet oor wyer, outonome sanksies te oorweeg. Sy sê Nieu-Seeland se reaksie op Rusland se inval in Oekraïne stem ooreen met dié van ander nasies: