Sooliman en kie op pad Oekraïne toe

Gift of the Givers sê hy gaan ingryp by die humanitêre krisis in Oekraïne. Dit sal in twee dele gedoen word deur mediese en nie-mediese nooddienste te verskaf aan fasiliteite in die voorste linies en burgerlikes wat in die land self verplaas is, en om Suid-Afrikaanse studente te help wat wil terugkeer huis toe. Gift of the Givers se stigter, Imtiaz Sooliman, sê beplanning, logistiek, verkryging van noodsaaklike voorrade, betroubare voorsiening, veilige roetes, doeltreffende aflewering en betroubare vennote is noodsaaklike komponente wanneer daar tydens ‘n oorlogsituasie ingegryp word: