Boere moet nou kunsmis koop

Die Suid-Afrikaanse Graanproduksie-werkgroep het sy kommer uitgespreek oor die uitwerking wat Rusland se inval in Oekraïne op kunsmis gaan hê. Die prys van kunsmis is al reeds hoog weens die stygende groothandel-gasprys. Rusland en Oekraïne is van die grootste landbou- en voedselverskaffers in die wêreld. Die voorsitter van Graan SA se produksiewerkgroep, André Kirsten, sê plaaslike boere sal hul produksie van graan goed moet beplan en betyds genoeg kunsmis aankoop vir die plantseisoen.