462 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 462 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Windhoek het 103 nuwe gevalle, Onandjokwe 62, Rehoboth en Luderitz het 26 elk en Outapi 19. Die res kom landwyd voor. Daar is 38 leerders, 15 gesondheidswerkers, ses onderwysers en 5 studente onder die nuwe gevalle.