Appèl vir Vettel onttrek

Aston Martin se Formule Een-span het besluit om hul appèl teen die diskwalifisering van Sebastian Vettel uit die Hongaarse Grand Prix terug te trek. Vettel, wat tweede oor die wenstreep was, is gediskwalifiseer nadat sy motor minder as die verpligte een liter brandstof oorgehad het vir toetse ná die wedren. Die wedrenbeamptes het Maandag die span se versoek geweier om die besluit te hersien. Aston Martin sê hulle het hul appèl teruggetrek omdat hulle meen dit weeg swaarder as die voordele om aangehoor te word.