Ek is geen diktator nie – Ituala

Die leier van die Independent Patriots for Change Panduleni Itula het weer aantygings dat sy leierskapstyl outokraties is, ontken. Itula sê dat hy die IPC demokraties lei en was verbaas oor partylede wat kla dat dinge of op sy manier moet geskied of lede moet waai. Hy het aan nuusagentskappe gesê die persepsie dat hy ‘n diktator is, is verkeerd en het bygevoeg dat enige partylid wat so voel, na hom toe moet kom met bewyse. Talle partylede het reeds bedank oor wat hulle beskryf as sy outokratiese leierskap en ‘n daadwerklike tekort aan die vermoë om hulle eie bydraes te maak aan die party se bedrywighede. Itula is ook op rekord dat hy nie met die media praat nie en is in die geval voorgekeer by die ondertekening van die Stad Windhoek-koalisie.