Kuberkraker betaal nog US$342m terug

Meeste van die kriptogeldeenhede wat deur ‘n kuberkraker vroeër die week gesteel is, is terugbesorg. Poly Network het bevestig dat ‘n verdere 342 miljoen Amerikaanse dollar terugbesorg is, na die eerste oorbetaling van 268 miljoen dollar. Die meer as 600 miljoen dollar wat gesteel is, is as die grootste kuberdiefstal tot dusver beskryf. Die kuberkraker het gesê dat Poly Network hom 500 000 Amerikaanse dollar aangebied om die geld terug te betaal maar hy het dit nie aanvaar nie. Hy sê die redes vir die kraak was sodat Blockchain-webtuistes hulle sekuriteit kan verskerp.