DA betoog landwyd teen brandstofprysstygings

Die DA betoog vandag in verskeie dele van die land teen die verwagte brandstofprysverhogings. Die party eis die regering moet ‘n omvattende reddingsplan instel oor brandstofbelasting en -heffings. Die DA sê die verhoging gaan Suid-Afrikaners, wat reeds sukkel, baie swaar tref. Die DA in die Noord-Kaap sê dis tyd dat die nasionale regering ophou om armoede en lyding aan te blaas en eerder praktiese en uitvoerbare ingrypings instel om landsburgers se toenemende las te verlig. Harold McGluwa sê hierdie styging gaan duisende mense in ‘n finansiële en humanitêre krisis dompel.