Angolese owerhede onbeïndruk met brandstof-smokkelary

Plaaslike media berig dat Angolese owerhede hoogs ongelukkig is met die onwettige invoere van Angolese brandstof in Namibië in. Die buurland se regering koop brandstof aan al het hy oliebronne. Daar is geen raffinadery in die land nie. Die regering betaal dus dieselfde wat die Namibiese regering vir brandstof betaal maar, dit word gesubsidieer vir Angolese burgers. ‘n Liter petrol kos rondom 6 Namibiese dollar en 40 sent in die buurland. Talle Namibiërs beweeg oorgrens en maak hulle voertuie daar vol en brandstof word ook ingesmokkel en verkoop, veral in die Noorde.