SANDF kan nie sy eie basisse beskerm nie – kenner

‘n Verdedigingskenner, Guy Martin, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sukkel om sy weermagbasisse te beskerm weens begrotingsbesnoeiings. Die Spesiale Magte-opleidingskool by Murrayhill in Pretoria is na wat berig word onder beleg van plakkers wat kragkabels steel en onwettig waterverbindings maak. In ‘n afsonderlike voorval is ‘n militêre basis in Makhanda in die Oos-Kaap sonder heinings weens diefstal in die gebied. Martin voeg by begrotingsbeperkings belemmer ook onderhoud: