Minister weer op pad na KZN vir bystand

Die Suid-Afrikaanse adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, keer na verwagting vandag na Mzinyathi in KwaZulu-Natal terug. Sy het die gebied aanvanklik verlede maand besoek om kospakkies, waardigheidspakkies en water af te lewer. Die skuiling wat sy besoek het, huisves 20 gesinne en is in een van die inwoners se halfvoltooide motorhuis. Die woordvoerder van die departement, Lumka Oliphant, sê meer as 30 gesinne in die gebied is dakloos sedert die verwoestende oorstromings…