MK-party skop 5 skurke uit sy geledere

Die MK-party se nasionale leierskap het besluit om vyf van sy leiers uit te skop terwyl hy voortgaan om die party skoon te maak. Onder hulle is Jabulani Khumalo. Die voormalige president Jacob Zuma het Khumalo vroeër gevra om die party namens hom te registreer. Die ander is Ray Khumalo, Bheki Manzini, Lebo Moepeng en Rochelle Davidson, ook bekend as Gogo Mahlalaentabeni. Die MK-party se woordvoerder, Mhlamulo Ndhlela, sê die nasionale leierskap sal altyd optree en besluite neem in die belang van alle patriotiese Suid-Afrikaners wat verandering wil sien.