Angola sluit sy grense vir sewe Afrika-lande

Angola gaan sy grense van 1 Desember af sluit vir reisigers van sewe Afrika-lande, Namibië, Botswana, eSwatini, Malawi, Mosambiek, Suid-Afrika en Zimbabwe. Die maatreël wat land, see en lugtoegangspunte raak, is bedoel om die verspreiding van Omicron, ‘n nuwe variant van die koronavirus, te beperk. Die besluit is deur Adao de Almeida, ‘n minister in die kantoor van die president, aangekondig. Die Angolese media het Almeida aangehaal en gesê dat die toegang van reisigers van dié sewe lande tydelik opgeskort word. Die maatreël raak nie terugkerende Angolese burgers nie, wat vir 14 dae in kwarantyn geplaas sal word.