Toerisme-sakeraad van Suid-Afrika oor die Covid-19-variant Omicron

Die Toerisme-sakeraad van Suid-Afrika is ongelukkig omdat geen konteks verskaf is oor wat gaan gebeur na die ontdekking van die nuwe Covid-19-variant, Omicron, nie. Die uitvoerende hoof, Tshifhiwa Tshivhengwa, beskryf dit as uiters kommerwekkend dat verskeie lande reeds ‘n reisverbod op Suid-Afrika en ander Suider-Afrikaanse lande ingestel het. Tshivhengwa sê ook daar is ‘n redelike stroom besprekings vir Desember en Januarie en die binnelandse mark moet nou beskerm word. Die sukkelende bedryf sê ‘n moontlike reisverbod moet ten alle koste vermy word.