Joburg Kyalami 9-uur kompetisie uitgestel

Motorsport: Vanjaar se Joburg Kyalami 9-uur, wat die Interkontinentale GT-Uitdaag-seisoen se laaste kompetisie sou wees, is uitgestel. Die byeenkoms sou aan die begin van volgende maand by die Kyalami Grand Prix-baan in Gauteng plaasvind. Die organiseerders sê die opsporing van die Omikron-koronavirus-variant en die gevolglike reisbeperkings wat deur verskeie lande ingestel is, sal verhoed dat die meeste internasionale spanne en kampioenskappersoneel na Suid-Afrika kan vlieg. ‘n Nuwe datum vir die Joburg Kyalami 9-Uur sal Maandag aangekondig word.