Angela Merkel sê Russiese agressie is keerpunt in Europese geskiedenis

Rusland se oorlog van aggressie is ‘n diepgaande keerpunt in die Europese geskiedenis ná die einde van die Koue Oorlog. Dit is die waarskuwing vanaf die voormalige Duitse kanselier Angela Merkel. Die afgelope paar dae is haar besluit om noue diplomatieke en ekonomiese bande met Rusland te handhaaf ondanks jare se uittarting, as naïef gekritiseer, aangesien Russiese President Vladimir Putin sy voornemens in die Oekraïne openbaar gemaak het. Merkel sê daar is geen regverdiging vir hierdie blatante skending van internasionale reg nie en sy veroordeel dit ten sterkste.